Nuwe Produk Bekendstelling: Fyto-11®
Poeieragtige skimmel word wêreldwyd as die mees bedreigende swamsiekte vir wingerde beskou, en as dit nie beheer word nie, kan dit lote beskadig en besmette trosse vernietig. Blaarinfeksies kan fotosintese beperk. Donsige skimmel kan eweneens aansienlike oesverlies tot gevolg hê, maar is die enigste vroeëseisoen druiwesiekte wat totale wingerdverlies kan veroorsaak.
– (Grape Disease Management, 2022, Cornell University).
Beste Andermatt Madumbi-vennoot
Ons is verheug om Fyto-11® bekend te stel, ‘n nuwe oplossing vir ons Bio Gewasbeskermings reeks. Hierdie innoverende produk bevat COS-OGA (COS – Chito-oligosakkariede: OGA – Oligo-galakturonsuur) as ‘n aktiewe bestanddeel. Dit is van natuurlike oorsprong en funksioneer as ‘n plant-elisitor. Die rol van hierdie elisitor is om ‘n patogeenaanval na te boots, wat lei tot die aktivering van die plant se natuurlike verdedigingsmeganismes (immuun respons). ‘n Geaktiveerde plant sal patogeenaanvalle meer effektief kan afweer, en as sodanig beveel ons aan dat Fyto-11® voorkomend toegedien word. ‘n Bykomende voordeel is dat hierdie effek kumulatief is met geen risiko dat residu of weerstand opbou nie.
“Hierdie is ‘n uitstekende voorkomende produk in die swamstrategie teen beide Donsskimmel en Witroes. Die sleutel eienskappe is dat dit geen residue op geoesde gewasse agterlaat en dit bied ook ‘n geleentheid vir ‘n goeie weerstandbestuur strategie teen ander aktiewe in die spuitprogram. Die goue reël is om die eerste spuit op te volg met een tot twee bespuitng, ten doel om die immuunreaksie in die plant op te bou. Die beste posisionering op tafeldruiwe is net voor en na blom asook na deurslaan, veral op laat tafeldruifkultivars waar die opsies vir beskerming min raak”
– Ben Krog, Kommersiële bestuurder
Moet asseblief nie huiwer om die Andermatt Madumbi span of jou plaaslike Biospesialis te kontak vir meer inligting nie.
Vriendelike groete,
Sias Leipoldt
Produkportefeulje bestuurder