Wat om te weet van Trichoderma spesies

Daar is so baie Trichoderma spesies en variante op die mark, dit is belangrik om te verstaan dat nie almal dieselfde is nie.

Hou die volgende in gedagte wanneer jy Trichoderma produkte kies :

Die variant (isolaat of strain) van die Trichoderma

Die variant van die Trichoderma is baie belangeriker as die spesie naam waarin dit val. ‘n Mens kan nie sê een spesie is beter as ‘n ander een nie, want daar is so baie variasies tussen die isolate wat in ‘n spesie saam groepeer. Baie Trichodermas kom bloot as saproete voor in die risosfeer en bied geen voordeel vir die plant nie. Party Trichoderma is uitstekend in hul wortel groei stimulasie vermoë, en swak in siekte beheer (met sommiges wat geen impak het teen patogene nie) en omgekeerd. Dit is belangrik om te weet die verskaer het tyd en hulpbronne belê in hierdie duursame proses om die regte spesie en variant te kry wat tot volle voordeel vir die plant is.

Dit is ook belangrik om te weet hoe aanpasbaar en kompeterend die Trichoderma in die omgewing is. Is die toetse gedoen hoe die Trichoderma reageer met omgewings faktore soos temperatuur, grond pH en water toestande?
Dit verwys net weereens dat die produkte goed nagevors moet wees.

Die registrasie

Produkte wat as Biostimulate of Biokunsmis geregistreer is kan oor die weg kom met baie laer dosisse en ladings (spore/ha) om geregistreer te word. Doen die produk wat sy registrasie sê dit doen? Eco-T Ezi-Flo® het ‘n L-nommer registrasie vir siekte beheer en ook wortel groei stimulering.

Die konsentrasie van Eco-T Ezi-Flo®word uitgedruk in spore per gram (spores/g). Dit is belangrik om juis hierop te let wanneer produkte vergelyk word en saam met die dosis te sien hoeveel spore per hektaar werklik toegedien word.

Formulasie

Eco-T Ezi-Flo® se formulasie bevat ‘n kombinasie van talk en grafiet, wat ook dien as ‘n smeermiddel. Dit help met plant effektiwiteit en akkuraatheid. Die talk en grafiet help ook met die verspreiding van die Trichoderma in die saad bak, asook met die eweredige bedekking van die saad.

Eco-T Ezi-Flo® is verenigbaar met ‘n wye reeks van die bekendste saad behandelings, en daar word ook aanhoudend verenigbaarheids toetse gedoen.

Eco-T Ezi-Flo®is ‘n Trichoderma asperellum wat natuurlik voor kom en is uit die veld uit geïsoleer vir die beheer van grondgedraagde siektes wat insluit saailing verwelk, en die patogene Fusarium, Phytophthora, Sclerotinia en Rhizoctonia.

Eco-T Ezi-Flo® bevorder ook gesonde wortel groei. Die swam is ʼn ywerige wortel koloniseerder en leef in simbiose op die wortel sisteem waar dit die opname van nutriënte bevorder en wortel groei stimuleer.

Eco-T ® Ezi-Flo & RhizoVital ® 42

Saadbehandeling vir koring

Eco-T ® Ezi-Flo

Reg. Nr. L9276, Wet 36 van 1947 (N-AR1618)

Eco-T ® Ezi-Flo is ‘n sterk gekonsentreerde formulering
van Trichoderma asperellum wat geregistreer is vir die
beheer van gewaswortelsiektes en ‘n beter groei.

• Eco-T ® Ezi-Flo is effektief teen ‘n wye verskeidenheid
grond swam patogene en is ‘n ideale versekeringspolis
teen wortelsiektes.

Eco-T ® Ezi-Flo groei en koloniseer aktief die
plantwortels en is bestendig in die wortelsone.
Die gevolglike groter gesonder wortelstelsels het
toegang tot water en voedingstowwe verbeter, veral
ondersuboptimale toestande.

Eco-T ® Ezi-Flo is ‘n veilige residuvrye produk sonder
‘n negatiewe uitwerking op die omgewing.

• Die gebruik van Eco-T ® Ezi-Flo op ry gewasse
b evoordeel nie net die huidige oes nie, maar verminder
ook patogeenvlakke in die grond (bv. Sclerotinia) vir
wanneer die volgende seisoen rotasie gewasse
(bv. Canola, Sonneblomme ens.) geplant word.

• ‘n Verdere voordeel van die Eco-T ® Ezi-Flo formulering in saaigewasse is dat dit as ‘n smeermiddel optree, wat meer effektief plant as dit by die plant
spasiëring kom.

RhizoVital ® 42

(Reg. Nr. B4201, Wet 36 van 1947)

Beter wortels by koring plante wat met Eco-T ® and RhizoVital ® 42 behandel is (soos regs getoon).

RhizoVital ®42 is ‘n gekonsentreerde vloeibare formulering van die gunstige bakterie Bacillus amyloliquefaciens– stam F2B42 vervaardig deur Bacillus-spesialiste ABiTEP (Duitsland)

• Sodra dit in die wortelsone gevestig is,ondersteun RhizoVital ®42 optimale wortelgroei, sowel as beskikbaarheid en opname van voedingstowwe.

RhizoVital ®42 is verenigbaar met Eco-T ® Ezi-Flo.
Nie alle Bacillus sp. en Trichoderma sp. is verenigbaar nie.

• Teen 2.5×1010 spores/ml, RhizoVital ®42 aansienlik meer gekonsentreerd as die meeste mededingende produkte in SA.

Toepassing:

• Eco-T ® Ezi-Flo is spesiaal geformuleer vir droë
toediening op saad in die planter. Die formulering bevat ‘n smeermiddel wat effektiwiteit van die
planter help. Dien toe teen 1g/kg saad (minimum 25g/ha).

Eco-T ® Ezi-Flo Reg. Nr. L9276, Wet 36 van 1947
Reg. Houer – Plant Health Products (Edms) Bpk

• RhizoVital ®42 word as ‘n voorbehandeling op
koringsaad teen 0.5ml/kg saad toegedien.
Op voorwaarde dat die saad relatief vinnig na
behandeling gedroog word en saad op gepaste wyse
gesorteer is, kan RhizoVital ®42 ‘n paar maande voor
planttyd toegedien word en is dit versoenbaar met die
meeste chemiese saadbehandelings.

RhizoVital ®42 Reg. Nr. B4201, Wet 36 van 1947
Reg. Houer– Madumbi Sustainable Agriculture (Edms) Bpk

Vir meer inligting kontak asb:
Helgard van Rooyen | helgard@madumbi.co.za | 083 735 9124
De Wet Steenkamp | dewet@madumbi.co.za | 076 156 6448

Backed by Science. Loved by Nature.